Assimilasie (taalkunde)

Assimilasie is 'n fonologiese proses waarby 'n klanksegment (in die reël 'n medeklinker) gedeeltelik of volledig verbind, of klanksgewys gelykgemaak, word tot 'n naburige klank, gewoonlik met die uiteindelike (opsionele) verlies van een van die twee klanke.[1]

Hierdie proses kan mens sowel sinchroon (direk, tydens spraak) as diachroon (as die definitiewe resultaat van 'n historiese ontwikkeling) beskou. Die teenoorgestelde proses van assimilasie word dissimilasie genoem.

Konkreet kan assimilasie gedefinieer word op basis van enkele onderskeidings: lokale assimilasie teenoor harmonie; progressiewe teenoor regressiewe assimilasie; en totale assimilasie teenoor gedeeldelike assimilasie. Twee ietwat meer aparte (en meer omstrede) verskynsels is wederkerige assimilasie en sandhi.

  1. Algehele assimilasie of konsonantweglating? - D.P. Wissing, 1986

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search